Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Re: "Boesmansriviermond" deur FERDI GREYLING
Re: "Boesmansriviermond" deur FERDI GREYLING [boodskap #18520] Do, 22 Oktober 1998 00:00
hancil  is tans af-lyn  hancil
Boodskappe: 28
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
Op 22 Oct 1998 17:53:04 GMT skryf :

->
-> BOESMANSRIVIERMOND
-> Ferdi Greyling
->
Gloudina
Ek het geen beginselbeswaar teen die gedigte wat jy op die ng plaas
nie. Inteendeel.
Maar hoekom hulle herhaal?
Jy het dié een om 23:39 op 29/05/98 geplaas.
En wéér om 18:26 op 19/08/98.
En nou wéér om 19:53 op 20/10/98.
Hoekom?

Groete
Hannes
...sonder die umlaut sal e-pos my bereik...
Re: "Boesmansriviermond" deur FERDI GREYLING [boodskap #18521 is 'n antwoord op boodskap #18520] Do, 22 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
hancil@mweb.co.zä (Hannes Cilliers) writes:

> -> BOESMANSRIVIERMOND
> -> Ferdi Greyling
> ->
> Gloudina
> Ek het geen beginselbeswaar teen die gedigte wat jy op die ng plaas
> nie. Inteendeel.
> Maar hoekom hulle herhaal?
> Jy het dié een om 23:39 op 29/05/98 geplaas.
> En wéér om 18:26 op 19/08/98.
> En nou wéér om 19:53 op 20/10/98.
> Hoekom?

Die laaste klomp gedigte word gepos
om vir Leendert te bewys dat Ferdi
Greyling gepubliseerde gedigte het.
Hy het onlangs ewe snedig opgemerk
dat Ferdi my praktyk van gedigte
te plaas (sonder handelsinformasie)
verdedig omdat hy nie sy eie gedigte
gepubliseer kry nie. Ek hoop nie my
pos (waarin ek vir Leendert gesê het
dat ek nou een vir een Ferdi se
gepubliseerde gedigte gaan pos) het
verlore gegaan nie. Die twee vorige
poste so na aan mekaar kan ek nou
nie so goed verklaar nie. Seker maar
vergeet. Ek is egter baie lief vir
"Boesmansriviermond." Dit is 'n
gedig wat op die eerste vlak net
'n toneel skilder. Maar as jy dit
klaar gelees het, weet jy dat dit
iets baie diep geestelik aan jou
meegedeel het.

Gloudina
Vorige onderwerp: "Weeklag van die sater in die Winkelsentrum" deur FERDI GREYLING
Volgende onderwerp: "Boesmansriviermond" deur FERDI GREYLING
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 14:55:02 MGT 2024